DIE GESKIEDENIS VAN PIETERSBURG en sy OMGEWING
1867 ----------------------------------------- 1899
deur F.G. van ASTEN
M.A.-tesis voorgelê as gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad van Magister Artium,
aan die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria
Eerbiedig opgedra aan Sy Eksellensie, Minister J.F.T. Naudé, sedert 1920, ononderbroke volksverteenwoordiger van Pietersburg.
20 Januarie 1954, Pax-Instituut, Privaatsak, PIETERSBURG.
INHOUDSOPGAWE
INLEIDENDE WOORD.
- DIE ONTRUIMING VAN SCHOEMANSDAL 1867
treurige toestand in Zoutpansberg - mislukte aanval - oorsake van ontruiming.
- EINDELIK VREDE
die terugtog - reaksie in die Uitv. Raad - Schoeman probeer 'n nuwo kommando onder Kruger - naturelle vra om vrede.
- NAWEE VAN DIE ONTRUIMING EN 'N MOEILIKE HERBEGIN
drie nedersettings van burgers - ellende heers alom - baie trek - die landdros en sy werk - die veldkornet.
- DIE EKONOMIESE ASPEK VAN DIE LEWE VAN DIE BURGERS
invloed van die omgewing - plaastoekenninge en moeilikhede - 'n selfgenoegsame en selfondersteunende ekonomiese sisteem - die jag.
- GODSDIENSTIGE, MAATSKAPLIKE EN KULTURELE TOESTANDE
die burgers is vroom - kerkelike organisasie - sosiale betrekkinge en gebruike - die pos - die skooltoestande.
- GOUDSOEKERS EN MYNKAMPE IN DIE BUURT
goudontdekking - E. Button op Eersteling - goudontginning in die gebied - Smitsdorp as myndorp - houding van die burgers - gevolge.
- DIE POLITIEK VAN DIE LAND HET SY WEERSLAG IN ZOUTPANSBERG
die demokratiese Z.A.R. - politieke belangstelling van die burgers - Eerste Vryheidsoorlog in Zpb. - nuwe regering.
- DIE ONTSTAAN EN DIE BENAMING VAN PIETERSBURG
ontwerpe vir 'n dorp sedert 1867 - uitstel - keuse van die plek in 1883 - aankoop van die grond - opmeting - genoem na Pieter Joubert - ander name.
- DIE UITBOU EN GROEI VAN PIETERSBURG
toewysing van erwe - oorbringing van die landdroskantoor - uitbreidings - dorpsregulasies - uitsig van die dorp - sosiale lewe - amptenare - burgerwag - besoeke van president - runderpes.
- TREKKE EN KOMMANDO'S VAN PIETERSBURG
konserwatisme en vooruitgang - Bowler-trek 1890 - Adendorff trek 1891 - naturelle-moeilikhede - kommando's teen Malaboch, Modjadjie, Magoeba, Mpefoe - stigting van Louis Trichardt 1899.
- FAKTORE VAN PIETERSBURG SE VOORUITGANG
okkupasieplase in die noorde en gevolge - bemarking van produkte vereis beter vervoermiddele - koetsdiens - opening van die spoorweg 1899 - gevolge.
BYLAES:
- Foto's [not included].
- Acte van Transport van die plaas Sterkloop nr 91.
- Die eerste getransporteerde plase voor 187O.
- Die erwetoekenning aan die eerste bewoners van Pietersburg.
- Die konsessie van die Adendorff-trek.
- Die proklamasie van 25 April 1891 teen die Adendorff-trek.
- Die eerste plan van Pietersburg met uitbreiding.
- Die kaart van Zoutpansberg
LYS VAN GERAADPLEEGDE BRONNE EN WERKE.
REGISTER.
INLEIDENDE WOORD.
Hierdie brokkie lokale geskiedenis het ek aangevat, omdat
ek my nuwe omgewing eers liefgekry en daarna nuuskierig na sy
verlede gevors het.
Die periode, ingesluit deur die datums 1867-1899, is vir
ons gebied 'n natuurlike eenheid wat ek - alhoewel dit vir 'n
verhandeling wellig bietjie lank mag lyk - in sy geheel behandel het.
Probleme is nogtans nie uitgediep nie. Ek het my tot 'n
eenvoudige relaas van die hoofdgebeurtenisse uit die lewe van
die mense beperk. Ek vertrou darem tog dat ek, deur die faset te
belig, 'n bietjie mag bydra om die luister van die nasionale
geskiedenis van ons land beter te laat uitkom.
Van hierdie inleiding wil ek ook gaarne gebruik maak om
my eerbiedige dank te betuig aan Sy Eksellensie, Minister
J.F.T. Naudé, wat my herhaaldelik deur sy vriendelike belangstelling
in my werk aangemoedig het.
Ook 'n besondere woord van dank aan Dr. C. Beyers,
hoof-argivaris, en aan die personeel van die Staatsargief te
Pretoria vir hulle bereidwillige hulp tydens die dae van navoring aldaar.
'n Hartlike woordjie van dank wil ek nog sê vir hom wat
so goed was om my werk deur te lees en foutvry te maak, en
vir die here J. van Damme en J. Verwimp, wat dit in hierdie
keurige vorm laat verskyn.
aan baie ou-bewoners van Pietersburg en omgewing met
wie ek aangenaam oor die ou dae gesels en wat my nuttige
inligtinge verskaf het, bring ek langs hierdie weg ook my opregte dank.
F.G. van Asten
20 Januarie 1954, Pax-Instituut, Privaatsak, PIETERSBURG.
06/01/2017 gescand en inhoudsopgave naar html omgezet door H.A.G.H. van Asten te Nijmegen.